Briewe ontvang deur Raspertand.
 

Terug na die inhoudsopgawe <klik hier>

----------------------------------------------

Maandag 2005/11/28 10:19

 

Dit lyk my ons sal ons soeke na �kwaliteit� moet aanpas om vrede te maak met die situasie in Afrika. Dit lyk nie vir my of Europa se soeke na kwaliteit hulle nader aan God gebring het nie.

Dankie vir jou emails. Groete vir jou gesin. Hoop julle het �n geseende Christus fees die vakansie. Hou jou oog op die Woord.

Jou kleinboet in Christus.

Lief jou.

 

----------------------------------------------

Woensdag 2005/05/11 21:46

Liewe Raspertand,
 
Ons is so bly jy is weer wakker, en kan nie wag vir die volgende aflewering nie! Dis uiters interessant
 

----------------------------------------------

Maandag 2005/05/09 07:02

Raspertand was waarskynlik baie bemoedig deur hierdie vers :
Heb 13:8  Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
 
Mooi dag,

----------------------------------------------

Maandag 2005/02/28 08:39

Ek lag vir die stadsjakalina in die 4x4.

 

Waardevol vir my (soos uitgebeeld in die storie) om te onthou om die Here genade altyd raak te sien in alles, en nederig te wees.

 

Dankie

----------------------------------------------

Maandag 2005/02/28 10:32

Liewe Raspertand

 
Dankie vir jou stories!
 
Asseblief stuur meer stories.
 
Drink jy koffie? Hoekom kom kuier jy nie in die Kaap nie?
 
Hierso is baie min bakoorjakkalse in die Kaap wat kan stories stuur en daar is baie rekenaarprobleme in die Kaap!
 
Vertel my meer van toe jy klein was!
 
Baie groete en tatta!
 
Die oudste van die Rasperwaaiers (gedikteer aan die Rasperwaaiers se Mamma)

----------------------------------------------

Maandag 2005/01/17 23:17

Ons is BAIE bly dat ons vir Raspertand kon ontmoet - en die res van die jonger deel van die gesinnetjie sal definitief more-oggend ook vir Raspertand ontmoet!!
Dit kan verseker en met groot verwagting tot 'n langtermyn en vreugdevolle verhouding lei tussen ons en Raspertand??
 
Mooi dag daar en baie groete!!!
 

----------------------------------------------

Terug na die inhoudsopgawe <klik hier>