Raspertand - Nr 0002 - Neef Hardebyt kry die kompie weer aan die gang na die virus aanslag (die begin van die proses).

 

Raspertand het nadat hy die virus-waarskuwing gesien het toe dadelik vir Neef Hardebyt geskakel op sy selfoon.  Neef Hardebyt was  in 'n vergadering toe  hy geskakel het, maar 'n virusprobleem kan baie ernstig wees. 'n Rekenaar kan baie inligting verloor weens 'n virus en dit kan weer vir ander jakkalse skade maak. 'n Ander jakkals se rekenaar kan ook die virus kry. Dis net soos 'n verkoue - almal steek aan.

 

Virus-probleme is mos dinge met 'n eie aard. Die probleem het 'n oorsaak en 'n gevolg.  Die oorsaak is die muskeljaatkatte wat die virusse skryf.  Dalk is die virusvangers wat nie hulle werk doen nie, die oorsaak.  Maar die probleem is dalk die mense wat met ou virusvangers sit.  Nee, dit is dalk meer dat die virusvangers reg is, maar net nie van die nuwe virusse weet nie.  Hulle moet mos gereeld leer van wat die muskeljaatkatte nou weer gedoen het. Hulle skryf so baie nuwe virusse dat daar elke dag nuwes verskyn.  Hulle verander ook die bestaande virusse om by die virusvangers verby te kan kom.

 

Norton Anti-virus toets nou vir duisende virusse elke keer wat 'n ‘n lêer oopmaak word. Neef Hardebyt het op ‘n keer gesê daar is vandag meer as 100,000 verskillendes.  Dit gee darem baie Yankie foxies werk om die patrone op te stel. Vir elke virus is daar ' n resep om dit te verwyder. Die resepte moet getoets word en beskikbaar gestel word.   Dit alles maak dat soos dit met die kafee op die hoek gaan, daar nie lekker met Oom Raybek Akkerjakkals se Pick & Choose gekompeteer kan nie.  Pick & Choose koop baie en in groot maat.  Hulle huur persele in groot maat en so meer.   Dus moet 'n mens maar onthou van die muskeljaatkatte en die virusses.  Nuwe patrone van 'n eerbare Klan (dis nou 'n klompie jakkalse wat 'n besigheid het) soos Norton en McAfee is die antwoord.

 

Nouja, ek het nog nie gekom by wat Neef Hardebyt vir Oupa Raspertand gese het nie.  Dit gaan mos oor die My.Doom virus boodskap.

 

Ons vervolg volgende keer. 

Soos die Kongolese in DRC sê:  „Next time“   of   „Tomorrow“

 

Om nie meer Raspertande te ontvang nie,  stuur ‘n e-pos aan Raspertand by raspertand@grobler.co.za  en sit beeindig in die onderwerp. Om met hom te gesels stuur ook maar ‘n e-pos na dieselfde address.

-=-=-

Om nie meer Raspertande te ontvang nie,  stuur 'n e-pos aan Raspertand by oupa@raspertand.co.za en sit beeindig in die onderwerp. Om met hom te gesels stuur ook maar 'n e-pos na dieselfde adres.

 

  www.raspertand.co.za

 

Terug na die inhoudsopgawe <klik hier>