Raspertand - Nr 0003 - Kompie werk weer!


Raspertand het nadat hy met Neef Hardebyt gesels het dadelik die rekenaar af geskakel en gewag tot Neef Hardebyt kon kom help. Dit het gelukkig vinnig gegaan, want Oupa Raspertand het onmiddelik gebel toe die probleem opduik. Die viruspatrone was op datum en dit is dadelik gevang toe dit op die rekenaar verskyn het. Dit blyk toe dat die virus die gevolg is van 'n e-pos vanaf een van klein Rassie se vriende se kennisse. Die jakalsie het dit weer uit die Noord-Sahara ontvang waar die spore verdwyn het. Neef Hardebyt kon dit nie verder terug opspoor nie. Die reuk was te swak en die wind het die spore toe gewaai. Oupa was baie verlig toe die probleem opgelos is.

 

Neef Hardebyt het sommer by Oupa Raspertand 'n heelhoenderbraai bygewoon toe hy na Kompie kom kyk het. Dit was die eerste Saterdag na die probleem kop uitgesteek het. Die hoender was baie lekker, maar Oupa Raspertand-jakkals het met heimwee vertel van hoe hulle direk uit Boer se hoenderhok gevang en geeet het. 'n Vars hoender is darem net lekkerder. Dit is soos vars witbrood wat vir mense heerlik is, maar as die brood nou nie meer so jonk is nie, dan rooster die mense dit. Vandag is daar maar min jakkalse wat 'n hele hoender kan bekostig. Dit word nou maar gedeel: 'n boudjie of 'n vlerkie of borsie is die normale porsie.

 

Ons vervolg volgende keer en dan hoor ons van Jakkalsdraai se trop wat verlangs familie van Oupa Raspertand is. Hulle het ‘n gemeenskaplike Namib-stam-jakkals.

 

Soos die Tanzaniërs in Swahili sê: “Kwa heri” en in hoog-jakkals: “Tjaaahouuuuuuuuuuuuhou” 

 

-=-

Om nie meer Raspertande te ontvang nie,  stuur 'n e-pos aan Raspertand by oupa@raspertand.co.za en sit beeindig in die onderwerp. Om met hom te gesels stuur ook maar 'n e-pos na dieselfde adres.

 

  www.raspertand.co.za

 

Terug na die inhoudsopgawe <klik hier>