Raspertand - Nr 0012 - Raspertand reise in Afrika -  Spore

 

Terwyl Oom Raspertand met die transportwa deur die Karoo gery het, moes hy baie keer spore volg, want in daardie deel van die wêreld was daar nie altyd 'n pad om te volg nieDaar was ook nie padaanwysers nieAs jy so ry en daar is nie 'n pad of aanwysers nie moet jy maar spore volg.  En van die probleme is dat jy nie altyd weet waarheen die spore lei nie. Dalk was die een wat die spore gelaat het, self verdwaal

 

Oom Raspertand het geleer dat 'n mens versigtig moet wees om nie 'n verdwaal-spoor te volg nie.   Jy moet mooi oplet dat die spoor wat jy volg nie teen die rigtingwysers wat daar wel is gaan nie Eenmaal het hy 'n spoor gevolg, maar gou agtergekom dat die spoor skeef draai in die rigting van 'n woestyn!   Hy het gelukkig kon omdraai voordat dit te laat was.  Vir jong maats kan die voorbeeld van die wat ouer is soms tot 'n verdwaal-spoor lei. Vriende kan ook maak dat jy 'n verkeerde spoor volg.

 

Hy het besef dat hy ook spore laat wat ander kan volgDit is 'n groot verantwoordelikheid Elkeen laat spore.  Jou spore is jou voorbeeld.  'n Jonger persoon kan sien hoe jy optree en dan later self so optreeKinders en volwassenes het almal iemand na wie opgekyk word.  As die een na wie jy opkyk iets doen soos bv om 'n nuwe wa te koop, dan doen jy dit ook soveel maklikerAs 'n voorbeeld-jakkals by 'n gevaarlike erdvrakgat inloer en instap, sal sy volg-jakkalse dit ook makliker doen.  Dit kan vir hulle tot 'n groot struikeling weesVolg-jakkalse is jakkalse wat nie vir hulle self dink nie, maar sommer net ander se spore en maniere volg.

 

 Dit was in die depressiejare van die 1930's dat Oupa Raspertand mos agter 'n ander transportryer getrek het met sy wa.  Die voorste wa was ou Wysneus-Willem.    Wysneus-Willem het een dag voorgestel dat hulle kort pad vat oor 'n berg om so gouer in die Laeveld te kom. Dit was nog voor die pad vanaf Watervalboven and Watervalonder gemaak was.  Oupa Raspertand het so na Wysneus-Willem geluister en toe agter hom aan getrek in sy spore.  Na twee dae van moeilk trek het Oom Raspertand besef dat dit 'n groot fout was.  Die bekende pad was wel langer, maar baie veiliger Hule het op 'n gevaarlike lysie in die Drakensberg beland en kon nie vorentoe of agtertoe nie!  Die uiteinde was dat hulle baie tyd verloor het en een van die wa se wiele het ook gebreek.

 

 Dit is hoekom daar in die Bybel soveel verwysings en waarskuwings is na swak voorbeelde. Daar is byvoorbeeld:

 

Jesus sê:

Matt 18: 6.  "Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig 

maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die 

diep see verdrink

 

Paulus skryf:

1 Kor 4: 16.  Daarom spoor ek julle aan: Volg my voorbeeld!

 

Nouja, volgende keer gaan ons verder van Oupa Raspertand hoor.

Die argiewe is by www.raspertand.co.za

-=-

 

Om nie meer Raspertande te ontvang nie,  stuur 'n e-pos aan Raspertand by  oupa@raspertand.co.za  en sit beeindig in die onderwerp. Om met hom te gesels stuur ook maar 'n e-pos na dieselfde adres.

 

Terug na die inhoudsopgawe <klik hier>